Dr.Herbst & Partners - Your family practitioners
Ons dienste


As deel van ons fokus om ’n omvattende diens aan die gesin te lewer, bied ons die volgende fasiliteite aan u:


  Apteek:

Ons het ’n volledige voorskrif-resepteerafdeling op die perseel wat enige van u akute of chroniese medikasies kan verskaf.
Ushaan is ons apteekassistent en hy sal u met enige navrae rakende medikasie bystaan. Kontak hom by meds@herbstpartners.co.za

Kliek op die foto om te vergroot

 
  Prosedurekamer:

’n Goed toegeruste prosedurekamer is vir klein prosedures onder lokale verdowing beskikbaar, bv. hegting van skeurwonde,
verwydering van letsels, gipsverbande, ensovoorts. Hettie is ons verpleegassistent en sal bystand bied indien nodig.

Kliek op die foto om te vergroot

 
  EKG-kamer:

Hier kan ons roetinetoetse asook vereiste toetse vir versekeringsdoeleindes met rekenaargebaseerde EKG-toerusting doen, sowel as 24H Amulatory bloeddrukmonitering en longfunksietoetse.

Kliek op die foto om te vergroot

 
  Na-ure:

Ons verskaf ’n na-ure-diens vir praktykpasiënte.Dienste word met Oudehuis en New Street Kantore gedeel en 'n algemene praktisyn sal te alle tye beskikbaar wees om u te help besluit wat die mees doeltreffende manier is om u mediese noodgeval te hanteer. Kontak ons asseblief by 073 187 3545.

 

 

 

design • www.gstudio.co.za
# # # # # #