Dr.Herbst & Partners - Your family practitioners
Ons Personeel


Johann Herbst:
Gegradueer vanaf Stellenbosch Universiteit in 1973. Hy het ná sy diensplig in Reitz in die Vrystaat begin praktiseer. In 1987 het hy die platteland
verruil vir die kus en in die huidige praktyk begin praktiseer.

 

Hein Herbst:
Gegradueer vanaf Stellenbosch Universiteit in 1998. Na 2 jaar se internskap en gemeenskapsdiens in Bethlehem, het hy van 2000 tot 2004
in Kanada gewerk. Hy het in 2004 by Herbst en Vennote aangesluit.

 

Deon Latsky:
Oorspronklik afkomstig uit die Oos-Kaap en ook ‘n Stellenbosch Universiteit gegradueerde in 2003. Hy praktiseer by verskeie praktyke
in die Boland area, totdat hy permanent aansluit by Herbst en Vennote in 2008.

 

Anname van Zyl:
Anname is die nuutste lid van ons span. Sy woon al lank in die area en het haar skoolloopbaan voltooi in Die Strand en haar tersiere
onderrig by Universiteit Stellenbosch. Sy is ook ‘n ma met ‘n jong famielie en sal vir u goed kan adviseer en u hele famielie behandel.

 

Yolanda Whitehouse:
Yolanda is ons almal se baas. Sy is hoof van die praktyk se administratiewe afdeling en organiseer ons almal.

 

Hettie van der Westhuizen:
Sy is die ontvangsdame by die praktyk, en is vir die afgelope 22 jaar hier in diens. Sedert die begin van 2013, beweeg Hettie terug na haar wortels en behartig
sy die verplegingsverantwoordelikhede in die praktyk. Sy is in Mafikeng gebore en het verpleegsopleiding in Kimberley voltooi. In 1979
het sy en haar man na Somerset-Wes getrek, waar hulle sedertdien gelukkig woon.

 

Suzette Sharper:
Suzette het as ontvangsdame by ons begin in 1987 en daarna by die administratiewe department aangesluit waar sy rekeninge, navrae en
administratiewe take behartig.

 

Jolanda Cornelissen:
Jolanda was gekweek en gekoester in Namaqualand en woon tans in Somerset Wes. Sy is warm, vriendelik en doeltreffend. Sy sal u regwys met
enige navrae.

 

Ushaan du Plessis:
Ushaan bestuur die apteek. Sy het jare se ervaring en sal u regwys met alle medikasies.

 

Kelly-Sue Coetzee:
Kelly-Sue Coetzee ons mees onlangse aanstelling en help in ons rekeninge afdeling. Sy keer terug na die werksmag na sy die vorige jaar
spandeer het aan liefdadigheidswerk. Sy is ook betrokke by ons sosiale media profiel.

 

 

design • www.gstudio.co.za